Libanon Melkery CC - EconoFEEDS is gebaseer in Meyerton  in die Vaaldriehoek, net buite Henley-on Klip. In 2007 het die huidige eienaar Vic Steijn Libanon Melkery CC gestig, n melkboerdery. In 2009 het die vraag na kwaliteit veevoere in die omgewing, en die stremming van melkboerdery, Vic op n geleentheid gebring om n veevoer besigheid op die been te bring

Na samesprekings met verskeie voer maatskappye is besluit om n EPOL depot te open in die Vaal Driehoek wat aan die behoeftes van boere kan voorsien wat kwaliteit veevoer benodig. EconoFEEDS is uit hierdie behoefte gebore op 27 Augustus 2009. Vic se benadering van kwaliteit, eerder as kwantiteit, het gelei tot verdere samesprekings met verskaffers van ander kwaliteit diere voer en het gelei tot samewerkingsooreenkomste met onder andere Nutroscience (hondekos: Dogsense en Fetch), en vele meer wat voorsien aan die spesifisieke behoeftes van diere liefhebbers.  

EconoFEEDS is n geskenk van Onse Hemelse Vader en is gebaseer op Christelike beginsels. Filippense 4:13 "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee"